Skip to content
zeno
Create a Station
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Opens in a new window
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Monitor
News
Afrikaans
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
Episodes
300
28 August 2026
Monitor: Kommer oor dwelm-vervaardigingsfasiliteite in Limpopo
28 Augustus 2026: Die polisie is bekommerd oor die baie onwettige dwelmvervaardigingsfasiliteite wat sedert 2020 op plase in Limpopo ontdek is. Die Appèlhof in Bloemfontein sal dalk binnekort 'n verreikende beslissing oor welsynstoelaes lewer, wat die regering 'n ekstra R100 miljard per jaar uit die sak sal jaag. Boere word gemaan om kunsmatige intelligensie te benut.
48 min
27 August 2026
Monitor: Dodelike oorstromings in Nepal
27 Augustus 2026: Die Speaker van die Nasionale Vergadering oorleef 'n mosie van wantroue. Premier Foods en vakbonde probeer 'n alternatief vind vir die sluiting van sy Tulbagh-fabriek. Die jongste oor die dodelike oorstromings in Nepal.
49 min
26 August 2026
Monitor: Merkbare styging in maselgevalle
26 Augustus 2026: Bankbedrog styg met 19%. 'n Merkbare styging in masels landwyd. Die storm duur voort om die kop van die DA-woordvoerder oor Finansies, dr. Mark Burke.
49 min
25 August 2026
Monitor: Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat
25 Augustus 2026: Die Nasionale Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat. Wetenskaplikes waarsku dat vanjaar se El Niño-verskynsel die sterkste in menseheugenis kan wees. Noordwes span nou hommeltuie in om brande te bestry.
50 min
24 August 2026
Monitor: ANC stel verkiesingsmanifes bekend, met klem op dienslewering en skoon regering
24 Augustus 2026: Die Wes-Kaapse polisiekommisaris, luitenant-generaal Sizakhele Dyantyi, besoek Knysna ná die moord op drie ANC-lede. Die ANC onthul sy verkiesingsmanifes, met die klem op dienslewering en skoon regering. Die bokslegende Zolani Tete sal Saterdag te ruste gelê word tydens 'n gedenkdiens by die KuGompu-stadsaal in die Oos-Kaap.
48 min
21 August 2026
Monitor: Fase 3 van vennootskap tussen regering en besighede wil 1 miljoen werksgeleenthede skep teen 2030
21 Augustus 2026: Die Madlanga-kommissie kritiseer die sakeman Stuart Scharnick weens bewerings dat hy 'n joernalis geintimideer het. Fase Drie van president Cyril Ramaphosa se vennootskap tussen die regering en groot besighede word bekendgestel, met die doelwit van een miljoen werksgeleenthede teen 2030. Die bestuurshoof van die FW de Klerk-stigting, Christo van der Rheede, lewer kommentaar op...
49 min
20 August 2026
Monitor: Personeeltekort by Meesterskantoor in Jhb lei tot vertragings
20 Augustus 2026: Groot personeeltekorte by die Meesterskantoor in Johannesburg vertraag die afhandeling van boedels met maande. Die afsettingskomitee gaan 'n regsmening inwin ná 'n brief van die president oor die aanstelling van die komitee se getuienisleier. Die minister van kommunikasie verduidelik hoekom die SAUK se versoek afgekeur is vir bykomende befondsing vir die dekking van die...
48 min
19 August 2026
Monitor: Opposisiepartye eis DA-LP se kop
19 Augustus 2026: Opposisiepartye eis DA-LP Mark Burke se kop, nadat die maatskappy wat hy gestig het, vir beweerde valutabeheeroortredings ondersoek word. Die regering wil sy maandlikse toewysing van gratis basiese elektrisiteit aan arm huishoudings vermeerder. 'n Regsstryd ontwikkel om 'n afsonderlike munisipaliteit vir die groter Harrismith-gebied in die Vrystaat te vestig.
48 min
18 August 2026
Monitor: Kommer NSFAS se skuld
18 Augustus 2026: Kommer oor die reusebedrae wat NSFAS aan universiteite en studente skuld. President Ramaphosa wil sy SAOG-voorsitterskap gebruik om streekshandel en -samewerking te verbeter. Die Silwerskermfees wys dat die rolprentbedryf herstel en mense weer terugkeer teaters toe.
49 min
17 August 2026
Monitor: SAOG-beraad begin in Durban
17 Augustus 2026: Staatshoofde kom in Durban aan vir die 46ste beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkeling-gemeenskap. Die SAKP maak sy verkiesingsmanifes onafhanklik bekend. Die Amerikaanse senaat verleng AGOA vir 'n verdere twee jaar - ons praat oor die implikasies vir Suid-Afrika.
49 min